Skip to content Skip to footer

Fyn & Fleurig in Schweizer-Reneke

FYN & FLEURIG IN SCHWEIZER-RENKE

n Interaktiewe Brandefyn Pik-en-Proe
Brandefyn brandewyn

Die fyner geslag in Schweizer-Reneke is beslis FYN & FLEURIG! Die Brandefyn pik-en-proe by Uurpan Safari Lodge was ‘n reuse sukses en ‘n absolute hoogtepunt vir ons Brandefyn-span. Met ‘n eksie-perfeskie venue, ons trots Suid-Afrikaanse premium potketelbrandewyn bedien volgens ons fynskinkvoostelle en fynfusies het die 60 dames saam ons die fyner dinge in die lewe geniet.

Brandefyn event brandy

Die aand was spesiaal vir die vrouens in Schweizer as ‘n “girls night” gereel om net weer bietjie te fokus op die fyner en lekker dinge in die lewe. Die verrigting het afgeskop met ‘n Brandefyn verwelkoming en die fyn storie oor die ontstaan en agtergrond van Brandefyn. Soos julle reeds ook al teen die tyd weet is Brandefyn geinspireer deur drie plattelandse vrouens wat ‘n fyntjie geniet en die persepsie rondom vrouens en brandewyn wil verander, want Brandefyn weerspieël die egtheid, spntaniteit en styl van elke vreeslose vrou. Dit is eg Suid-Afrikaans in hart, siel en liggaan en word van die beste wyn gemaak, want ons vrouens verdien slegs die beste! Dit is soos jy; ongekompliseerd, maar gesofistikeerd met die hand fyn aanmekaar geweef deur piekfyn chenin blanc en columbard kultivars met hul oorsprong uit die Kaapse wynlande.

Dit word geskep met ‘n rein hart waar drie tot vyf-jaar potketelbrandewyn in Franse eikehoutvate verbeter oor tyd, maar waar die gees giggelend gelukkig bly.

Brandefyn brandy brandewyn
John Doe
John Doe@username
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
John Doe
John Doe@username
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
John Doe
John Doe@username
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Van Brandefyn, braaivleis en braaibroodjies tot Deense kaneel filodeeg pasteie en piekfyn musiek is die dames behoorlik bederf.

Ons Brandefyn-span het heerlik saam met almal gekuier en koester elke piekFYN oomblik. Mag julle vir nog baie lank ‘n fyntjie op die lewe skink en julle vreeslose vrouwees vier!

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons

Leave a comment

Toets Jou brandefyn persoonlikheid

Brandefyn