Skip to content Skip to footer

Wat is jou Brandefyn-persoonlikheid?

Voltooi ons vraelys om uit te vind watter fyntjie die beste by jou pas!

 

#1. Jy maak jou klerekas oop, wat vang eerste jou oog?

#2. Wat pak jy eerste in jou handsak voor jy die huis verlaat?

#3. Hoe hanteer jy ’n vriendin wat ’n af dag het?

#4. Wat doen jy as jy 3 ure vir jouself het?

#5. Wat sê mense gewoonlik vir jou?

#6. Jou lewensmotto klink waarskynlik so:

Previous
Finish

Results

Die Fyn Versterkertjie

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Steranys & Energy

Jy’s ’n vonk! Jy’s altyd op dreef, beplan vooruit en laat niks aan toeval oor nie. Jy’s die een met die ekstra battery, die plan én die dryfkrag. Jou energie is aansteeklik, mense voel sterker met jou aan hul kant. 

Die Trooskombersie

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Kaneel & Appletiser

Brandefyn brandy brandwyn

Jy is ‘n sagte woord en ‘n warm koppie tee as die lewe se storms teveel raak. Jy’s die een wat luister sonder oordeel, onthou sonder moeite en gee sonder om iets terug te verwag. Jy laat mense tuis voel, al is hulle vêr van huis af. Jou teenwoordigheid is soos ’n warm kombers op ’n koue dag: rustig, veilig en betroubaar.

Pik-’n-Fyn

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Mint & Pineapple Lemonade

Jy’s vars, stylvol en kreatief sonder om te veel te probeer. Jy bring lig en inspirasie waar jy gaan, met drome op Pinterest, kruie in die kombuis en ’n lus vir tropiese sonskyn. Jy’s die vriendin wat almal motiveer om mooier te leef.

Die Fyn-maar-getryn

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Suurlemoen & Coke

Brandefyn brandy brandwyn

Jy is reguit, eerlik en altyd daar. Jy’s die een wat met waarheid en wysheid opdaag wanneer dinge rof raak. Jy reël die kuiers, lag die hardste en steek letterlik en figuurlik die vure aan. Jou styl is tydloos, net soos jou invloed.

Die Fietse Fyntjie

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Steranys & Soda

Brandefyn brandy brandwyn

Jy’s gedissiplineerd sonder om streng te wees en kalm sonder om passief te wees. Jy glo in roetines wat rus bring en doelwitte wat sin gee. Jou wêreld is netjies, jou kop helder en jy inspireer ander sonder om ’n woord te sê. Jy’s innerlik sterk en stadig, maar seker, altyd op koers.

Die Bitter-Soet Fyntjie

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Pomelo & Lemonade

Brandefyn brandy brandwyn

Jy’s vars en opreg. Jy bring lig, maar jy’s nie bang vir die skadu nie. Jy’s eg en gegrond, soet én bitter in perfekte balans. Jy’s daai vriendin wat mense laat lag, maar ook laat dink en ’n sonsopkoms in mensvorm. Soos die lewe is jy bietjie soet, bietjie bitter, maar altyd eg.

Die Reine Fyntjie

Brandefyn-variasie: Brandefyn, Pynappel & Ginger Ale

Brandefyn brandy brandwyn

Jy’s eenvoudig, reguit en sonder fieterjasies. Jy’s kaalvoet by ’n braai, Afrikaans op volle volume en gemaklik in jou eie vel. Jy’s natuurlik mooi, gee nie voor nie en dis juis hoekom mense van jou hou. Jy’s jý – en dis genoeg.

Please enter your details to see your results

Toets Jou brandefyn persoonlikheid

Brandefyn